Akademska digitalna zbirka SLovenije - logo
E-viri
Celotno besedilo
Odprti dostop
  • Die Wysheid van Salomo as '...
    Venter, Pieter M

    Litnet Akademies : 'n Joernaal vir die Geesteswetenskappe, Natuurwetenskappe, Regte en Godsdienswetenskappe, 05/2021, Letnik: 18, Številka: 1
    Journal Article

    Die artikel bestudeer die Wysheid van Salomo as ’n intertekstuele teks. ’n Sinkroniese analise van die drie afdelings, dikwels “boeke” genoem, waaruit Wysheid bestaan, dui aan hoe daar van onder andere Bybelse materiaal gebruik is om ’n nuwe en eietydse komposisie te skep. Die inhoud van Spreuke en Eksodus is ingespan om ’n verhaal te vertel van Israel wat deur die wysheid begelei is vanaf die skepping, in die tyd van die uittog uit Egipte, tot in die alledaagse lewe van die lesers. Dit word veral gedoen deur die kernhoofstuk van 10:10–14. In die herformulering van die geskiedenis word tradisionele Joodse tradisies behou, maar ingeklee met Hellenistiese filosofie. Die beste moontlike agtergrond van die teks is die stad Aleksandrië van die eerste eeu v.C. en die eerste eeu n.C. Diakronies gelees teen hierdie agtergrond, kan die waarskuwing teen goddeloosheid en dwaasheid en die propagering van getrouheid aan God in die boek beter verstaan word. Dit word betoog dat die intertekstualiteit van die boek gevolglik as herkontekstualisering en herkonseptualisering van ander materiaal beskou kan word.