UNI-MB - logo
UMNIK - logo
 
E-resources
Open access
  • Bewegingswerkwoorde in Van ...
    Bosman, Nerina

    Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 06/2020, Volume: 60, Issue: 2
    Journal Article

    Bewegingswerkwoorde vorm ’n semantiese klas van hulle eie. In hierdie artikel word die betekenis en metaforiese onderbou van bewegingswerkwoorde in NP van Wyk Louw se poësie ondersoek, met die kognitiewe linguistiek, waarvan die konseptuelemetafoorteorie ’n fundamentele deel vorm, as teoretiese vertrekpunt. In aansluiting by die kognitiewe linguistiek word daar aanvaar dat ons verstaan van die werklikheid onder andere nou verweef is met ons beliggaamde ervaring van beweging. Verandering as konsep vorm deel van ons verstaan van wat beweging is en die konseptuele metafoor verandering is beweging onderlê dan ook metafore wat afgelei word van hierdie oerbewegingsmetafoor. Beweging (die verandering van plek) kan volgens Radden (1995:424) gekategoriseer word as één tipe verandering, saam met ander, soos verandering van tyd en verandering van toestand. Daar word aangetoon dat betekenis te voorskyn kom deur die pad-beeldskema (soos wat Johnson en Lakoff aantoon) wat dien as vrugbare brondomein vir konseptuele metafore. Die semantiek van die mees frekwente bewegingswerkwoord in Afrikaans, (en dit is ook in Louw se poësie die mees frekwente), naamlik gaan, word eerstens ondersoek, waarna ’n reeks konseptuele metafore (VERANDERING VAN TOESTAND IS OM ’N BESTEMMING TE BEREIK, VERANDERING VAN GEESTESTOESTAND IS BEWEGING, OM GROTER INSIG TE VERKRY IS OM ’N BESTEMMING TE BEREIK, OM DOOD TE GAAN IS OM UIT TE BEWEEG, LEWE IS BEWEGING) in “Groot Ode” geïdentifiseer word.