UP - logo
E-resources
Full text
Peer reviewed Open access
  • Aspekte van vernuwing in di...
    Beyer, Herman L; Louw, Phillip A

    Lexikos, 01/2022, Volume: 32, Issue: 3
    Journal Article

    Die doel van hierdie bydrae is om 'n oorsig te bied op die areas van grootste vernuwing in die Afrikaanse leksikografie oor die afgelope twee dekades, met spesifieke verwysing na standaard- en pedagogiese woordeboeke, aangesien dít die tipologiese klasse is waarin die meeste vooruitgang te bespeur is. Daar sal egter ook na ander woordeboeksoorte en kontekste verwys word waar dit relevant is vir die bespreking. Eerstens sal kortliks na die huidige stand van sake in die Afrikaanse leksikografie gekyk word, in terme van bestaande leksikografiese produkte. Tweedens word enkele opmerkings aangebied oor die professionalisering van die Afrikaanse kografie 'n onderwerp wat nog nie eintlik aandag in metaleksikografiese ondersoek geniet het nie. Die rol van die Buro van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal en die kommersiěle woordeboekuitgewers word ook uitgelig. Daarna word kommentaar gelewer op sekondere en spesifieke leksikografiese prosesse, met verwysing na korpusleksikografie en lemmaseleksie, makrostrukturele vernuwing, en mikrostrukturele vernuwing. Die bespreking van mikrostrukturele vernuwing sluit in geintegreerde mikrostrukture in vertalende woordeboeke, leksikografiese definisies in verklarende woordeboeke, koteksinskrywings, en aspekte van grammatikale data. Die stand van sake van en 'n toekomsblik op die Afrikaanse e-leksikografie word ook aangeraak. Laastens sal enkele opmerkings oor spesiale woordeboeke gemaak word. Sleutelwoorde: