UP - logo
E-viri
Celotno besedilo
Recenzirano Odprti dostop
  • Die behandeling van die fun...
    Otto, Anna Nel; Blume, Jadé

    Lexikos, 01/2019, Letnik: 29
    Journal Article

    Woordeboeke word veral geraadpleeg ter wille van die funksie dekodering. Hierdie artikel verskaf 'n sistematiese beskrywing van die invloed wat die funksie dekodering op die woordeboekstrukture en datatipes in verskillende woordeboektipes het. Tydens hierdie bespreking word veral aandag gegee aan strukture wat in sowel gedrukte as aanlyn woordeboeke voorkom. Alhoewel die belangrikste datatipe vir dekodering betekenisverklarings/vertalings in meertalige woordeboeke is, fokus hierdie artikel veral op die rol van datatipes soos uitspraakleiding, kollokasies, etikette, voorbeelde en etimologiese leiding. In gedrukte woordeboeke is daar 'n groot ooreenkoms ten opsigte van raamstruktuur (minstens sentrale woordelys en gebruikersleiding), dataverspreidingstruktuur en toegangstruktuur, terwyl verskille veral op die vlak van die makrostruktuur (meer of minder lemmas, verskillende ordenings) en mikrostruktuur (aanduidertipes en hoeveelheid data ten opsigte hiervan) voorkom.